Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Die Bidder" deur CHARL DURAND
"Die Bidder" deur CHARL DURAND [boodskap #24238] So, 27 Junie 1999 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
DIE BIDDER
Charl Durand

as ons tent opslaan
langs die M1 naby Midrand
onthou, ons sal vir jou bid

ons gaan hande oplê,
ons gaan saam met die Hammond sing
vriend, ons gaan vir jou bid

o, laat die heiliges verskyn
stof trap oorkant die heining
hulle weet wat vir hulle wag
die res,
laat hulle maar lag

as jy skuld het, kom bely
as jy jou vrou slaan
dis hier waar jy kan kom skaam kry

want hierdie is jou blinde oomblik
hier, jou grot, jou skuilplek van vergifnis
Re: "Die Bidder" deur CHARL DURAND [boodskap #24987 is 'n antwoord op boodskap #24238] Do, 29 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Dankie vir die Bidders gedig. Ek sien jy begin by die
regte plek. Pos asb. 'n gebed en direksie vir vrede sodat
'n burgeroorlog nie hier kan ontplof nie. Dit lyk so. Ek is
gatvol vir ekstremistiese paranoiese polarisasie. Kan ons
nie hierdie ng gebruik om dit te keer nie. Ons gee
oor aan stereotipes en ikoniseer mekaar te veel, dan wil
ons vir mekaar bid. Ons mors ons tyd om NET vir mekaar te
bid. Hoe lank bid ons nie al nie. Bid is maar net 'n kwart
van die formule.

Kom ons praat ook met mekaar. As jy iets sien wat ek nie
raak sien nie, lig my asb. in. Ek sal dit waardeer. Ons
projekteer gemors wat ons lees van die ander helfte op
mekaar.

Vorige onderwerp: "Swartkomyn" deur P.W. BUYS
Volgende onderwerp: "Die Bidder" deur CHARL DURAND
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 14:26:00 MGT 2024